... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Net Nog Een

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 8:31-34 Toe sê Jesus vir die Jode wat in Hom glo: “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” Hulle het Hom geantwoord: “Ons is die nageslag van Abraham en was nog nooit iemand se slawe nie. Hoe kan jy sê: ‘Julle sal vry word’?”

Listen to the radio broadcast of

Net Nog Een


Download audio file

Een van die dinge wat ek, soos ek ouer word, al hoe meer besef, is dat ek die kuns van selfmisleiding uitstekend bemeester het. Wat van jou? Ons kan goed wat voor die hand liggend is, ignoreer – dinge, wat vlak voor ons neuse is.

Ek het die ander dag in ‘n ry gestaan, terwyl twee dames begin rook. Een van hulle hoes baie erg, en toe sy haar sigaret aansteek, draai sy na haar vriendin en vra: ‘So, wat dink jy, is dit brongitis?’

Ek en ‘n man naby my in die ry het oogkontak gemaak, en weet jy, ons het nie geweet of ons moet lag of huil nie? Brongitis, regtig?!

Maar doen ons dit nie almal nie? Ja, ons doen dit – laat ek dit maar kaalkop sê – ons doen regtig onnosel dinge, en dan dink ons verskonings uit, sodat dit ons nie meer pla nie en ons dit vergeet. Klink dit nie na die man wat so hard werk, dat hy geen tyd vir sy gesin het nie? Of die baas wat haar personeel boelie en dan wonder hoekom hulle almal bedank? Nou ja, Jesus het ook iets pynlik reguit te sê oor die goed wat ons onsself wysmaak.

Johannes 8:31-34 “As julle aan my woorde getrou bly, is julle waarlik my dissipels; en julle sal die waarheid ken, en die waarheid sal julle vry maak.” Hulle het Hom geantwoord: “Ons is die nageslag van Abraham en was nog nooit iemand se slawe nie. Hoe kan jy sê: ‘Julle sal vry word’?”

Jesus. Hy het gekom om jou vry te maak. Luister na Hom … want wanneer jy dit doen, sal die waarheid, sy waarheid, jou vrymaak.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge