... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Beloftes Gewaarborg

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 138:2,3 Ek wil u Naam loof op grond van u liefde en trou, want U het u Naam en u woord bo alle dinge verheerlik. Wanneer ek roep, antwoord U my; U bemoedig my en gee my krag. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Beloftes Gewaarborg


Download audio file

Sê my: kan jy die beloftes van God vertrou? Ek bedoel, regtig? As jy na jou lewe kyk, na al die dinge wat met jou gebeur het, was die beloftes van God waar, of lê dit vir jou op ‘n skaal van tussen ‘n bietjie wankelrig en suiwer fiksie?

Ja, ek weet, wanneer dit broekskeur gaan, is dit moeilik om op die beloftes van God te staan. Wanneer jou omstandighede, of wanneer mense, of die lewe oor die algemeen, sommer lyk asof hulle almal teen jou is, is dit swaar om diep in jou hart te weet dat God se beloftes waar is; dat Hy jou ook hierdeur sal dra; dat die uitkoms beslis goed sal wees.

Een van die redes waarom ek van die Psalms hou, is dat baie van hulle deur Dawid, die koning van Israel geskryf is. Hy kyk met die wysheid van terugskouing op sy lewe terug – na sy oorlewingstryd, sy stryd om lewe en dood – terwyl hy besin oor die rol wat God daarin gespeel het. Kom ons kyk na David se perspektief in:

Psalm 138:3 Ek wil u Naam loof op grond van u liefde en trou, want U het u Naam en u woord bo alle dinge verheerlik. Wanneer ek roep, antwoord U my; U bemoedig my en gee my krag. (NLV)

Omdat God God is, is sy Naam betroubaar; sy reputasie is betroubaar. Wanneer God sy Naam op iets stempel, beteken dit dat dit absoluut betroubaar is! Alhoewel Dawid dankbaar is vir die baie kere wat God ingegryp het om sy lewe te red, verstaan hy dat dit nie oor hóm gegaan het nie.

God was besig om sy doel te bereik; God het, deur die gesalfde koning van sy uitverkore volk, te red, in werklikheid sy Naam onder die nasies verhef.

Hoe kan ons weet dat God se beloftes waar is? Omdat hulle deur sy Naam en sy Woord onderskryf word.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.