... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Op ‘n Ui Verstik

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 5:24 Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.

Listen to the radio broadcast of

Op ‘n Ui Verstik


Download audio file

Hemel en hel. Agge nee, Berni … gaan jy weer daardie holrug geryde onderwerp aanspreek? Dit lyk nie aldag meer so relevant nie. Maar weet jy, eendag … eendag is dit die enigste ding wat saak maak. Vir alle ewigheid.   Ek het ‘n paar jaar gelede een van die slegste ervarings van my lewe gehad. Dit was ‘n doodgewone Saterdag en ek het in die agterplaas gebraai. Die uie was amper gaar en ek het ‘n stukkie afgesny en daaraan begin peusel. Op die een of ander manier het ek verstik en ek kon nie asem kry nie. Dit was nie net ‘n hoesbui nie! Ek het ophou asemhaal en blou in die gesig geword.   Ek het na my vrou gehardloop, haar kop gegryp, haar mond op myne gesit, sodat sy mond-tot-mond-asemhaling op my kon toepas. Ek kan eerlikwaar sê, as sy nie daardie dag daar was nie, sou ek nie vandag hier gewees het nie. . .   Ons liggame is so ongelooflik ingewikkeld en sterk. En tog het een klein happie ui my amper my lewe gekos.   Ons lewe asof daar altyd ‘n môre sal wees. Daar sal nie. Die einde kan vinnig en onverwags kom.   Is jy gereed? Is jy gereed om te gaan? Want eendag sal jy moet. En as jy gaan, waarheen sal jy op pad wees? Jesus het dit so bondig gestel in:   Johannes 5:24  Dit verseker Ek julle: Wie luister na wat Ek sê, en in Hom glo wat My gestuur het, het die ewige lewe. Hy word nie veroordeel nie, maar het reeds uit die dood na die lewe oorgegaan.   As jy gehoor en geglo het, het jy die gawe van die Ewige Lewe. Maar as jy dit nie doen nie, sal jy skuldig bevind word. Jy sal die ewigheid deurbring in die plek wat ons die Hel noem, en vir ewig van God geskei wees.   Dit is nie my woorde nie. Dis Jesus s’n.   Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge