... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Praat, Praat, Praat

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Deuteronomium 5:27 Gaan jy nader en luister na wat die Here ons God sê, dan kan jy alles wat Hy vir jou sê, vir ons vertel en ons sal dit gehoorsaam en daarvolgens lewe.’

Listen to the radio broadcast of

Praat, Praat, Praat


Download audio file

Die gerieflikste ding ter wêreld, is om ons eie interpretasie te maak, van wat God sê. Mense doen dit die hele tyd, hulle argumenteer met God as Hy nie sê wat hulle wil hoor nie. Wat van jou? Hou jy daarvan om regtig te luister na wat God sê? Ek het ‘n rukkie gelede ‘n videokonferensie gehad. Twee van ons was bymekaar en vier ander mense was op verskillende plekke. Toe ek na die mense op die skerm kyk, het dit vir my gelyk asof almal praat, maar niemand luister nie. Die “bespreking” het taamlik driftig geword. Ek het die klank afgeskakel en vir die ou langs my gesê: “Mis ek iets, of is hulle besig om vurig met mekaar saam te stem?” Dit blyk toe, dat hulle almal basies dieselfde ding sê, maar omdat niemand luister nie, het hulle dit nie besef nie. Ek het voorheen dikwels nie saamgestem met wat God sê nie. Toe ek eendag stilstaan ​​en na Hom luister, het ek ontdek dat Hy dié dinge sê, wat ek nodig het om te hoor, en ek het besef dat Hy reg was. Dit het beteken dat ek regtig moes luister om Hom te hoor. In die Ou Testament die volk vir Moses gesê het: Deuteronomium 5:27 Gaan jy nader en luister na wat die Here ons God sê, dan kan jy alles wat Hy vir jou sê, vir ons vertel en ons sal dit gehoorsaam en daarvolgens lewe.’ Ons het deesdae ‘n baie beter Moses. Ons het die Bybel, die lewende Woord van God wat deur die Heilige Gees geïnspireer is. Die vraag is, sal ons stilstaan en luister? Of sal ons net voortgaan op ons kommervrye pad en aanhou om met God te argumenteer? . . .  luister na wat die Here ons God sê, dan kan jy alles wat Hy vir jou sê, vir ons vertel en ons sal dit gehoorsaam en daarvolgens lewe.’ Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge