... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Tyd om te Skeer

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 23:19-21 Luister, my seun, soek die regte insig: bly op die regte pad; moet jou nie ophou met suiplappe en vrate nie, want die suiplap en die vraat word arm; dronkenskap laat jou in vodde loop.

Listen to the radio broadcast of

Tyd om te Skeer


Download audio file

Jesus het eenkeer gesê dat die pad wat na vernietiging lei, ‘n maklike pad is en dat daar baie mense is wat dit neem. Maar hoe lyk die pad in my en jou lewe? Hoe weet jy of jy op die regte of die verkeerde pad is? Ek geniet dit om Saterdagoggende rustig te wees en nie te skeer nie. Dit is net so salig om vir een dag van die week vry van die skeer-proses te wees. Nou en dan gaan ek miskien twee dae sonder om te skeer, en as dit ‘n langnaweek is, miskien drie. Maar teen daardie tyd begin die baard stekelrig raak, en as dit gebeur, kan ek, snaaks genoeg, nie wag om weer weer ‘n mooi, gladde baba-gesig te hê nie. Dit is alles ‘n kwessie van balans. ‘n Bietjie is oukei. Te veel is, gmf te veel. En weet jy, dat die lewe in baie opsigte dieselfde patroon volg. Spreuke 23:19-21 Luister, my seun, soek die regte insig: bly op die regte pad; moet jou nie ophou met suiplappe en vrate nie, want die suiplap en die vraat word arm; dronkenskap laat jou in vodde loop. Ons wil net ontspan, sonder verantwoordelikhede wees, doen wat goed voel. En aan die begin is dit oukei. Maar na ‘n ruk raak daardie oukei, wat dit ook al is, ‘n bietjie ongemaklik. Maar te gereeld, in plaas daarvan om na die skeermes te soek, leef ons met die ongemak. Vir sommige is dit te veel drank of kos. Vir ander is dit hul slegte houding, of die manier waarop hulle ander mense behandel, of wat ook al … En alle dade het gevolge. . . . want die suiplap en die vraat word arm; dronkenskap laat jou in vodde loop. Kom dan nou en luister en wees wys. Wees versigtig om die regte pad te volg. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge