... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wat Maak Jou Gelukkig?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 6:51 “Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.”

Listen to the radio broadcast of

Wat Maak Jou Gelukkig?


Download audio file

Tevredenheid is ‘n interessante konsep. Ons beleef dit op verskillende maniere – deur ‘n vervullende beroep – deur goeie verhoudings – miskien deur ‘n heerlike vakansie. Maar op die ou end, gee nie een van die dinge op sigself vir ons, wat ons regtig wil hê nie.

Daar was onlangs ‘n Amerikaanse sepie op televisie. Dit was veronderstel om komies te wees, en dit was nogal. En tog, tydens een episode, spring ‘n getroude vrou saam met ‘n ander man in die bed.

Toe hy haar vra waarom sy dit gedoen het, of sy haar man liefgehad het, of die huwelik aan haar behoeftes voldoen het? Antwoord sy “JA” op al die vrae.

Hy vra haar toe weer hoekom sy dit doen en sy antwoord: Wel, ek het ontdek dat die dinge wat ek wou hê, my nie gelukkig gemaak het nie. Hmmm. Ek wonder hoeveel mense leef hul lewens so. Ek bedoel, as iemand jou sou vra hoe gelukkig jy is; hoe tevrede jy regtig is, wat sou jou antwoord wees?

Omdat so baie mense dinge najaag, wat hulle nooit sal bevredig nie. Jesus gesê:

Johannes 6:51Ek is die lewende brood wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe. En die brood wat Ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.”

‘n Oondvars stuk brood laat ons mond water. Gemorskos kan ‘n versoeking wees, maar daardie reuk, daardie smaak van ‘n vars warm brood, dis tops!

Daarom het Jesus gesê: Ek is die brood van die lewe. Want of ons dit nou besef of nie, Jesus is die enigste een wat ons kan gee waarna ons soek. Net omdat … Hy ons so gemaak het.

Dink mooi, op ‘n skaal van een tot tien, hoe tevrede is jy?

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.