... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wraak of Restourasie?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 18:15 “As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen.

Listen to the radio broadcast of

Wraak of Restourasie?


Download audio file

Dink aan die laaste keer wat jy beledig, verontwaardig en verneder gevoel het. Ja, ek weet daar is baie verskillende oorsake. Soms is jy net in ‘n slegte bui en dan kan die kleinste dingetjie jou ontwrig.

Wat ook al die rede, dit blyk redelik gereeld te gebeur, nie waar nie? Dit kan so onbenullig wees soos ‘n vriend of familielid wat te lank kuier, of so ‘n ontsettende seer soos diep verraad deur iemand na aan ons … en alles tussenin.

Wat ook al die sneller is, jy ervaar ‘n gevoel van selfgeregtigdheid – jy voel sommer: ek verdien dit nie! Ons ken almal daardie gevoel maar alte goed. Die probleem is die wrok wat ons ontwikkel. Die gevoel van selfgeregtigdheid … ja, dit loop maklik uit op ongewenste resultate. Maar kyk wat sê Jesus in:

Matteus 18:15 “As jou broer verkeerd opgetree het teen jou, gaan wys hom tereg waar julle eenkant alleen is. As hy na jou luister, het jy jou broer teruggewen.

Dis ‘n duidelike teregwysing deur die Een wat weet wat dit beteken om deur iemand verraai te word. Die Een wat na die aarde gekom het om ons van ons sonde, wat tot ‘n ewigheid sonder God sou lei, te red.

Hoe tree ons op wanneer iemand ons te na kom? Sweer ons wraak of leef ons in die oorwinning wat Jesus vir ons gebring het? Hoe het jy gereageer die laaste keer toe iemand jou in die gesig gevat het? Was dit met ‘n begeerte na wraak, wat spruit uit selfgeregtigheid, of met ‘n Christus-gesinde verlange na herstel?

As iemand jou te na kom, sê dit vir hulle – privaat en sagkens. As hulle luister, dan het jy bygedra om die verhouding te herstel.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.