... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Bybel

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 18:1-5 In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag: “Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?” Hy het 'n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. En wie so 'n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.”

Listen to the radio broadcast of

Die Bybel


Download audio file

Ons het almal al gehoor van woordassosiasie. Jy sê swart, ek sê wit. Jy sê meisie, ek sê seun. Jy sê lemoen, ek sê sap. Goed, ons almal snap dit. Hier is ‘n woordassosiasie toets vir jou. Ek sê Bybel, en jy sê … wat presies? Daar is deesdae party mense wat “die Bybel” sien as ‘n ou stowwerige boek, wat slegs verkrampte, godsdienstige fundamentaliste ooit sou kon lees. Dit is ‘n teorie wat verkondig word deur diegene wat dit nog nooit gelees het nie. Volgens hulle, is dit enersyds verouderd maar andersyds ‘n gevaarlike boek vol reëls vir godsdienstige sotte. Kom ons kyk of dit so is. Kom ons kyk na net een aanhaling, net een ding wat Jesus gesê het in: Matteus 18:1-5 In daardie tyd het die dissipels by Jesus gekom met die vraag: “Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?” Hy het ‘n kindjie nader geroep en hom tussen hulle laat staan en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel. En wie so ‘n kindjie in my Naam ontvang, ontvang My.” Klink Hy vir jou soos ‘n godsdienstige versteurde persoon? Of is hierdie ‘n definisie van nederigheid – iets waarby die hele wêreld kan baat vind? Baie van die dinge wat God in sy Woord, die Bybel, sê, is kontra-kultureel. Dit druis in teen die hedendaagse denke. Ons maak asof dit iets nuuts is, asof die Bybel onlangs verouderd en irrelevant geword het. Maar eintlik was dit omdat Jesus kontra-kultureel was, omdat dit wat Hy gesê en gedoen het, lynreg teen die denke van sy tyd ingedruis het. En dis hoekom hulle Hom gekruisig het. Die Bybel. ‘n Reëlboek vir godsdienstige sotte, of God se liefdesbrief aan die mensdom? Besluit jy. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge