... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Kapokaartappels, Jesus, Olyfolie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 7:37,38 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ”

Listen to the radio broadcast of

Kapokaartappels, Jesus, Olyfolie


Download audio file

Nog ‘n Sondag, nog ‘n uittog kerk toe. Dieselfde mense, dieselfde liedere, dieselfde prediker … alles dieselfde, dieselfde ou ritueel. Vervelig. Dit is hoe ‘Christen-wees’ vir baie Christene voel. Godsdiens. Vervelig. Ek moet bieg, ek is lief vir kook en ek hou van lekker kos. Dis daarom nie snaaks, dat kookprogramme op die televisie en die resepte op die internet, vir my baie plesier verskaf nie. Ek hou baie van verrassende kombinasies. Ons het almal al kapokaartappels geëet. Vervelig, nie waar nie? Maar die ander aand het ek ‘n nuwe manier geleer om hierdie afgesaagde gereg interessant te maak. In plaas daarvan om die aartappels met botter en melk te meng en fyn te druk, gebruik jy ekstra suiwer olyfolie en druk dit net met ‘n vurk. En dan – hier is die geheim – jy kap waterkors – en soos hulle in Engels sê, ‘watercress’- en meng dit deur. Ongelooflik. Probeer dit, kapokaartappels sal nooit weer dieselfde wees nie. Is dit nie snaaks hoe ons net ‘n paar eenvoudige bestanddele op ‘n nuwe manier kan meng en wonderlike resultate kan bereik nie? Godsdiens is vir my ‘n bietjie soos gekookte aartappels. Vervelig. Maar dan, as jy Jesus toelaat dat Hy deur jou lewe vloei soos daardie olyfolie, is die resultate eenvoudig verbasend. Die lewe sal nooit weer dieselfde wees nie. Johannes 7:37,38 Op die laaste dag, die groot dag van die huttefees, het Jesus daar gestaan en uitgeroep: “As iemand dors het, laat hy na My toe kom en drink! Met die een wat in My glo, is dit soos die Skrif sê: Strome lewende water sal uit sy binneste vloei. ” Jesus het oor die Gees gepraat. Dwarsdeur die Bybel word olyfolie as ‘n simbool van God se Gees gebruik. Die idee is dat ons die Gees van God toelaat om ons lewens te deurdrenk. Ek daag jou uit, as jou godsdiens vervelig raak, as jy dors is, drink Lewende Water by Jesus! Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge