... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Lewensvernuwing

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.

Listen to the radio broadcast of

Lewensvernuwing


Download audio file

Huisverfraaiing is deesdae hoogmode. Dit lyk asof al wat mens is, sy huis opknap soos nog nooit tevore nie. Uit met die oue, in met die nuwe. En, weet jy, ek en jy sou ook voordeel kon trek uit daardie soort opknappingsprojek, nie waar nie? Ek stap nou die oggend buite in ‘n pragtige boomryke straat, toe ek sien dat nog een van die ou huise in ons omgewing opgeknap word. Die bouers was besig om die ou verf aan die voorkant van die huis af te skraap en toe lyk die plek amper vervalle. Maar oor ‘n paar maande sal dit weer nuut lyk. Dieselfde ou huis, maar ‘n nuwe skepping. As ons net ons lewens en ons persoonlikhede op dieselfde manier kon opknap! ‘n Radikale ‘voorkomsverandering’ aan die binnekant. Ons almal smag op ‘n sekere stadium in ons lewe na ‘n nuwe begin. Ons wens almal dat ons die ou verf kon afskraap en splinternuut wees. Maar waar kry jy die soort persoonlike opknapping? Nou-ja, weet jy dit is presies wat God doen. Dit mag vreemd klink, maar as Hy intrek, skraap hy al die ou verf af en verwyder die rommel. Soms voel ons ‘n bietjie soos daardie huis, wat tydens die proses, kaal gestroop is. Maar na ‘n klein rukkie begin ons ‘n pragtige beeld van vernuwing toon. 2 Korintiërs 5:17 Iemand wat aan Christus behoort, is ‘n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom. Dit is een van my gunsteling verse in die Bybel, want dit herinner my aan wat God in my lewe doen. Kyk die geskraap en getimmer is soms ongemaklik, selfs pynlik.  Maar weet jy, daardie vers laat my onthou dat die opknappingsproses nodig is en dat die eindresultaat absoluut die moeite werd is. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge