... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Nou is die Tyd

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 10:9,10 As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered.

Listen to the radio broadcast of

Nou is die Tyd


Download audio file

Jesus… dit is ‘n naam wat vir verskillende mense verskillende dinge beteken. Maar laat ons een ding mooi verstaan: Dit is slegs wanneer jy in Jesus glo; en die vergifnis van jou sonde aanvaar; en die nuwe lewe wat jy deur sy kruisdood ontvang het, omarm, dat jy die gratis geskenk van die ewige lewe ontvang. Het jy al ooit die begeerte gehad om jou lewe aan Jesus te gee, maar nog nooit heeltemal daarby uit gekom nie? Of miskien het jy weggedwaal en het die verhouding wat jy voorheen met Hom gehad het, vervaag tot ‘n vae herinnering? Nou ja, miskien is dit nou die tyd om jou lewe aan Jesus te gee. Hoekom bid jy nie nou hierdie gebed saam met my nie? Want wie weet, eendag, mag dit te laat wees: Vader God, ek glo dat U u Seun Jesus Christus gestuur het om te sterf, om te betaal vir al my foute en mislukkings. Ek glo dat Hy weer opgestaan ​​het en dat ek deur Hom die ewige lewe kry. Ek het berou oor die foute, en ek wil wegbreek van hulle en my geloof in Jesus as my Verlosser stel. God, ek gee U my lewe – alles wat ek is, alles wat ek het, elke hoop en elke droom gee ek aan U.  Ek wil ‘n nuwe lewe hê – stuur asseblief u Gees om in my te woon – en lei my vorentoe om die lewe te leef wat U nog altyd vir my begeer het.   Vader ek bid hierdie gebed in die naam van Jesus Christus. Amen. As jy hierdie gebed van harte en met geloof gebid het, dan het jy die grootste geskenk ontvang. ‘n Ewigheid by Jesus. Romeine 10: 9,10  lees: As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word. Met die hart glo ons, en ons word vrygespreek; en met die mond bely ons, en ons word gered. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge