... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Wie moet jy Glo?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 119:114 By U skuil ek, U beskerm my, in u woord stel ek my vertroue.

Listen to the radio broadcast of

Wie moet jy Glo?


Download audio file

Ons kan soms heeltemal hulpeloos voel – in ‘n diep, donker gat, in ‘n somber en eensame plek. Ek was daar, en jy het dit sekerlik ook al beleef. Wat is ons veronderstel om te doen wanneer ons in so ‘n situasie is? Margaret Court is die grootste tennisspeler van alle tye. Tussen 1960 en 1975 (voor die tyd wat ons nou die “Grand Slam”-era noem) het sy 62 hoofliga wedstryde gewen. Nog geen ander speler, man of vrou, het al ooit eers naastenby haar prestasies bereik nie. Sy het ‘n rukkie gelede in ‘n onderhoud aan my vertel dat sy, nadat sy opgehou speel het, vir ‘n tyd lank hopeloos en wanhopig gevoel het … dit was so ‘n diep en donker tyd, dat sy gesê dat sy weet dat daar ‘n duiwel is, want sy kon hom daar in die hoek sien sit.  Sy was beslis in ‘n donker plek. Jy sou kon dink dat iemand met soveel roem en oorwinnings op haar kerfstok, nie so iets sou deurmaak nie. Sulke moedelose gedagtes is sekerlik net vir gewone mense soos ek en jy? Ek vra haar toe wat sy gedoen het om te herstel;  hoe sy uit daardie moeilike situasie uitgekom het; hoe sy haarself uit daardie diep, donker gat uit gekry het. Haar antwoord aan my was onomwonde en eenvoudig: “Ek het op Jesus Christus vertrou. Ek het begin glo wat God in die Bybel oor my sê, in plaas daarvan om te glo wat die wêreld en die duiwel oor my sê.” Wel, dit klink miskien ‘n bietjie naïef, maar dit was nie ‘n oningeligte persoon wat ek sommer op die straat raakgeloop het nie. Dit was Margaret Court, die grootste tennisspeler van alle tye. Iemand wie se lewe in doodsgevaar was, het hierdie gebed tot eer van God neergeskryf in: Psalm 119:114 By U skuil ek, U beskerm my, in u woord stel ek my vertroue. Miskien is dit tyd om na God te gaan en te glo wat Hy oor jou te sê het. Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge