... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Onder ‘n Donker Wolk

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 1:2 Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!

Listen to the radio broadcast of

Onder ‘n Donker Wolk


Download audio file

Ons het almal van tyd tot tyd ‘n woord van bemoediging nodig. Dis ‘n feit. En nou wil ek graag iets sê om jou te bemoediging.

Ons voel soms asof daar ‘n swaar wolk oor ons lewens hang. Dinge gaan net nie soos hulle veronderstel is om te gaan nie. As God inderdaad God is, dan is dít die tyd dat Hy ons te hulp moet snel – juis wanneer ons onder daardie wolk verkeer.

Tweeduisend jaar gelede het die apostel Petrus briewe aan vervolgde Christene geskryf. Hierdie Christene is tydens Caesar se tuinpartytjies met teer bedek en as fakkels aan die brand gesteek. Glo vir my, dit het ‘n groot wolk veroorsaak. Hy open sy brief as volg:

1 Petrus 1:2 Soos God die Vader dit vooraf bestem het, het Hy julle uitverkies en deur die Gees afgesonder om aan Hom gehoorsaam te wees en besprinkel te word met die bloed van Jesus Christus. Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!

‘n Meer letterlike vertaling van die laaste deel kan so klink: “Mag die genade en die vrede in oorvloed joune wees.” Stop net en dink ‘n oomblik daaraan. Dit is so diep en betekenisvol. God praat deur Petrus se brief met hierdie mense. Hy reik uit na hulle waar hulle onder ‘n geweldige wolk verkeer. Hy herinner hulle daaraan dat hulle, lank gelede al as deel van God se groot en magtige raadsplan, bestem is om deur Hom gered te word.

En dan, onder daardie wolk, deur daardie beproewings en vervolging seën Hy hulle:

Mag daar vir julle genade en vrede in oorvloed wees!”

Ek bid dat hierdie kragtige seën jou sal bemoedig; watter wolk daar ook al van tyd tot tyd oor jou mag hang. Weet dit –  God het ‘n plan vir jou lewe – Hy bied jou sy genade en vrede in oorvloed.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge